Die Tweede Balkanoorlog was 'n konflik wat uitgebreek het toe die koninkryk Bulgarye, wat ontevrede was met sy deel van die oorlogsbuit in die Eerste Balkanoorlog, sy voormalige bondgenote Serwië en Griekeland op 16 Junie 1913 aanval.
Serwiese en Griekse leërs het die Bulgaarse aanval afgeweer en Bulgarye terugaangeval. Omdat Bulgarye ook voorheen in territoriale dispute met Roemenië in die noorde betrokke was[1] en die grootste deel van die Bulgaarse mag in die suide bedrywig was, het die vooruitsig van 'n maklike oorwinning Roemenië aangespoor om Bulgarye binne te val. Die Ottomaanse Ryk het ook die geleentheid benut om gebiede wat hulle in die vorige oorlog verloor het, te herwin.
Toe Roemeense soldate die hoofstad, Sofia, nader, het Bulgarye 'n wapenstilstand gevra, wat gelei het tot die Verdrag van Boekarest waarvolgens Bulgarye dele van sy buit in die Eerse Balkanoorlog moes afstaan aan Serwië, Griekeland en Roemenië. In die Verdrag van Konstantinopel moes dit Adrianopel aan die Ottomane afstaan.